Laai Gebeuree
Hierdie gebeurtenis is al verby

Namakwaland se geliefde storieverteller Danneline Ramsden is terug by die Suidoosterfees met ’n voorafvertoning met die sangers Jean Carlo en Leagan Phillips-Laws. Hulle het verlede jaar die Suidoosterfees aan die brand gesing met Kaapse draai, en is nou terug met ’n eksklusiewe, gratis vertoning in die feestent. Verwag ’n fees van musiek en stories, want die vertoning word nie verniet Mixed Masala genoem nie.

Jean en Leagan bederf feesgangers met lekker saamsingsingliedjies, terwyl Danneline jou op op ’n storievertelreis gaan neem deur Namakwaland. Maak jou reg om te xhoulag. En kry betyds ’n sitplek, want dit is ’n gratis vertoning spesiaal vir Son en Kuier se lesers.