Laai Gebeuree
Hierdie gebeurtenis is al verby

Is jy reg vir die gemaskerde kuier van die jaar? Die bekende storieverteller Danneline Ramsden nooi jou na ‘n intieme huiskuier met ‘n paar kinkels. Daar is nie ‘n grênd verhoog. Ons kuier sommer aan’t huis in die Paarl, en geniet haar eg Namakwalandse stories. Die vure brand deurentyd. Ingesluit by die kaartjieprys is ‘n gratis glas wyn en ‘n lekker bord potjiekos. Jy kan kies tussen ‘n lekker bord afvalkos – soos die Namatjenners hom maak – of ‘n smeulende groentepot. En daar is ‘n kontantkroeg beskikbaar, maar bring harde kontant want daar is nie ‘n kaartmasjien nie. Jy is ook welkom om ná die tyd verder te kuier op ‘n lieflike somersaand met vriende.