Laai Gebeuree
Hierdie gebeurtenis is al verby

Die mense van Macassar in die Wes-Kaap pleit al lank dat Danneline Ramsdene haar gewilde Xhoulag-produksie na hulle tuisdorp bring. Wailing Women Macassar kondig met trots aan dat die sonneblom-storieverteller van Komaggas oplaas daar kom optree. Kaartjies kos R90 en sluit vingerhappies en ’n koeldrank in. Die geld is ten bate van Wailing Women Macassar se vroue-restorasiekamp wat van 8 tot 11 Augustus 2019 by JP-kamp in Strandfontein gehou word. Kaartjies is by Othelene Weber beskikbaar.