Laai Gebeuree
Hierdie gebeurtenis is al verby

Groter. Beter. En selfs ’n bietjie stouter… Dit is hoe die Namakwalandse storieverteller en woordkunstenaar Danneline Ramsden haar nuwe produksie Xhoulag 2 beskryf, wat heel eerste die Woordfees op Stellenbosch tref.

Ná sy verlede jaar tot in Namibië mense laat skaterlag het met haar unieke stories van haar grootwordwêreld is Ramsden terug met ’n nuwe produksie – dié keer met die TV-persoonlikheid en skrywer Ivor Price in die regisseurstoel en gasverskynings deur die bekende rymkletser Vito Heyn.